Evolusie: Wetenskap of geloof?

Evolusie: Wetenskap of geloof?

R250,00

Availability: 34 in stock

SKU: BAS-006 Category:

Evolusie word wêreldwyd as ‘n wetenskaplike teorie voorgehou, is dit die waarheid of dalk die grootste leuen van alle tye? Is dit moontlik dat evolusie dalk niks anders as ‘n geloofsisteem is wat die Christelike geloof en Die Bybel direk teengaan nie?

Om ingeligte antwoorde op hierdie vrae te verskaf, word die basiese aanames van die Oerknal en die evolusieleer in die boek deeglik ondersoek. Vrae soos die volgende word behandel:

  • Was daar werklik ‘n Oerknal?
  • Hoe het lewe op Aarde ontstaan?
  • Is Darwin se evolusieteorie enigsins haalbaar?
  • Is lewe op ander planete, byvoorbeeld Mars, moontlik?
  • Hoe oud is die Aarde?
  • Was daar ‘n wêreldwye vloed?
  • Het dinosourusse werklik miljoene jare gelede uitgesterf?
  • Is die verhaal van Noag en die Ark enigsins moontlik?
  • Bevestig of weerspreek die fossielrekord die evolusieteorie?
  • Is evolusie ‘n wetenskap of bloot ateïstiese geloof?

Die gevolgtrekkings wat in hierdie boek gemaak word, sal vir baie mense verrassend wees en antwoorde op talle komplekse vrae verskaf. Dit word sterk aanbeveel vir elke skolier, student, ouer en elkeen wat rasionele geloofsbesluite wil maak.

” Hierdie boek bied ‘n omvattende geheelbeeld van die evolusionêre filosofie, die konflik daarvan met Die Bybel asook wetenskaplike gronde waarom die Bybelse skeppingsverhaal letterlik opgeneem behoort te word.Die outeur slaag daarin om al die verskillende onderwerpe volledig en sistematies aan te spreek sonder om in tegniese besonderhede te verval. Daar was nog altyd ‘n groot behoefte dat hierdie onderwerp met substansiële diepte in Afrikaans aangespreek word. Daardie leemte is nou gevul! “

Dr. Yolanda Engelbrecht (Phd, Universiteit Stellenbosch)

“Hierdie langverwagte en tydige boek is van kernbelang vir elkeen wat vrae aangaande die kreasionisme/evolusiedebat het.Die inhoud van hierdie boek behoort baie daarvan te beantwoord omdat dit logies, maklik  en verstaanbaar aangebied word.Dit is ‘n toeganklike bron van inligting vir ouers wat hul eie kennis wil verbreed  ten einde ook hul kinders in hiedrei belangrike debat by te staan.   Evolusie:Wtenskap of Geloof? is beslis een van die beste Afrikaanse boeke oor hierdie onderwerp en ‘n móét vir elkeen opsoek na die waarheid.

Stephan Joubert (Voorsitter: Truth and Science Forum)

 

Meer oor die Outeur.

Die outeur is ‘n oud-dosent, spreker, skrywer en Christenapologeet. Hy is ‘n oud-student van die Universiteit Stellenbosch waar hy ‘n BA,BA Honneurs, MA en HOD verwerf het. Hy is die stigter en oud-voorsitter van Truth and Science Forum wat waarheid en objektiwiteit in die skeppingsleer bevorder. Hy is die aanbieder van ‘n verskeidenheid kreasionistiese kursusse.

Hy is vir 43 jaar getroud met sy vrou, Hermien.Hulle drie kinders is almal getroud en hulle het tans 4 kleinkinders. Hulle is die afgelope 43 jaar woonagtig in Wellington naby Kaapstad in Suid- Afrika.

Pakkies word versend via Pep tot Pep vir u gerief.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Evolusie: Wetenskap of geloof?”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart
Scroll to Top